Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Sport vir die siel deur Pieter van den Berg en Dave Strydom: Juwele uit die gewilde RSG-program

Sport vir die sielSport vir die siel deur Pieter van den Berg en Dave Strydom is nou by Naledi beskikbaar:

Wie van ons sal hierdie oomblik ooit vergeet?

SA weer op die aanval … diep binne die kwartgebied van die All Blacks aan die oorkant van die veld … en hulle gaan die bal kry uit die skrum … Joost probeer optel, dan slaan hy aan … maar dit maak nie saak nie. Dis die eindfluitjie wat blaas en Suid-Afrika is die wêreldkampi­oene.

Selfs al was jy nie daar nie, bly sekere sportoom­blikke in jou hart sit. Nou kan jy dié hoogtepunte her­leef. Hier is juwele uit die gewilde RSG-program, Sport vir die siel, in ’n netjiese bundel. Van den Berg, ’n gesoute sportkommentator wie se “lewe sport is”, span saam met ’n ervare pastoor wat in sport­prentjies preek, om kosbare geestelike waarhede te bied. Van den Berg lewer “lewendige” kommentaar, waarna pastoor Strydom die toepassing slim en seepglad aan die geestelike lewe koppel.

Oor die outeurs

Pieter van den Berg is meer as 30 jaar lank by sportaanbieding oor radio- en TV betrokke. Hy het self aan verskeie sportsoorte deelgeneem en speel nog gereeld ’n potjie gholf. Pieter was vennoot in ’n kommunikasiemaatskappy, is tans entrepreneur en leef sy passie as sportkommentator by RSG uit. ’n Hoogtepunt vir hom was die 2012-Olimpiese Spele (Londen) waar sy stem luisteraars in die hartseer én ekstase van sportgebeure ingetrek het.

Dave Strydom staan die afgelope 29 jaar lank voltyds in die bediening en is tans ’n pastoor by die AGS Primrose-Oos Gemeente in Gauteng. Met sy aktuele inslag gebruik hy nuus- en sportgebeure uit die week om die evangelie tuis te bring. Só kombineer hy sy geloof met sy passie vir sport. Hy dra die boodskap oor deur sportbeelde te gebruik waarmee gewone mense hulle maklik kan vereenselwig en in hulle daaglikse lewe kan toepas.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment