Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Lesers kom van ver vir die bekendstelling van Sorrie maak nie gesond nie deur Anzil Kulsen

Sorrie maak nie gesond nieAnzil Kulsen se jongste jeugroman, Sorrie maak nie gesond nie, is onlangs by die Kalahari-Oranje­museum in Upington bekendgestel.

Sorrie maak nie gesond nie is Naledi se eerste jeugboek en vertel ‘n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak.

  • Lees ook: Naledi kondig met trots aan – Naledi: Kinder en Jeug, met Sorrie maak nie gesond nie deur Anzil Kulsen
  •  
    Anena Burger het verslag gelewer oor die bekendstelling vir die Kalahari Bulletin. Sy skryf dat sowat 80 gaste die geleentheid bygewoon het; sommiges al die pad van Kakamas en Karos.

    Lees die artikel:

    “Ons het heerlik by kerslig gekuier en kon na musiek deur Hennie Micheals op sy saxofoon luister,” sê Kulsen.

    Joa Bekker van Karstens-Boerdery was die seremoniemeester en Kulsen en die uitgewer Mia Oosthuizen het ’n lekker informele gesprek oor die boek gevoer.

    Die jeugroman is deur Naledi-Uitgewers uitgegee en handel oor ’n 17-jarige meisie, Rose, wat nie kan wag totdat sy 18 word en uit haar ouerhuis kan trek nie.

    Loer na foto’s van die geleentheid:

     

     
    Maak seker dat jy op Donderdag, 10 September by Protea Boekhuis in Pretoria ‘n draai maak vir IBBY SA en Unisa se Afrikaans-Nederlandse storie-aand met Kulsen en verskeie internasionale kinder- en jeugboekskrywers en illustreerders.
     

    Boekbesonderhede

     

    Please register or log in to comment