Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe perspektief op ou kwessie: Homoseksualiteit: ’n Studie deur die ouers van ’n gay seun

HomoseksualiteitHomosexualityHomoseksualiteit: ‘n Studie deur die ouers van ‘n gay seun deur Geoff en Eileen Stenekamp is beskikbaar op Naledi se rakke:

Homoseksualiteit: ‘n Studie deur die ouers van ‘n gay seun is die resultaat van ‘n ouerpaar se onwrikbare toewyding en liefde vir hul seun. In plaas daarvan om hom te verwerp toe hy uit die sogenaamde kas geklim het, het hulle ‘n 11-jaarlange reis aangepak waartydens hulle antwoorde oor homoseksualiteit by die wetenskap sowel as in die Bybel gevind het.

Homoseksualiteit: ‘n Studie deur die ouers van ‘n gay seun is ook in Engels beskikbaar as Homosexuality: A Study by the Parents of a Gay Son.

“So ‘n publikasie gaan beslis, nie net vir ouers van gay kinders en vir gay mense self nie, maar ook vir predikante, jeugleiers en baie ander mense die moeite werd wees om te lees.”Dr Jean M du Plessis

“Om gay te wees, is nie sonde nie, net soos linkshandigheid en blou oë ook nie sonde is nie. Jy kan nie kies om heteroseksueel te wees of te word as jy kern-homoseksueel is. Dit is van die bevindinge wat Geoff en Eileen Stenekamp gemaak het nadat hulle baie navorsing oor homoseksualiteit gedoen het. Hulle moes, want hulle seun is gay en as gelowige ouers wou hulle te wete kom wat die Bybel en die wetenskap regtig hieroor te se het. Uiteindelik het hulle tot duidelikheid en vrede gekom en kon hulle die Here dank vir hul gay seun wat hulle lewe in baie opsigte verryk en verdiep het. Hierdie boek is bedoel vir gelowige gay mense en hulle mense. En dis ook vir almal wat dit nog waag om gays met die nek aan te kyk.”Dr Frits Gaum

“Ek dink dit is ‘n baie belangrike en tydige bydrae.”Dr Carel Anthonissen

“Hierdie boek is die hartroerende bewys van ‘n ouerpaar se liefde vir hulle gay seun, ondanks alles. Die werklikheid van sy homoseksualiteit ontspoor hulle, maar hulle gryp God vas en kies om hulle seun ten spyte van sy seksualiteit lief te hê, eerder as hom te verwerp. Daarmee besluit hulle ook om nie van hierdie ‘uitdaging’ te vlug nie, maar daarmee te reis, met die verrassende antwoorde wat hulle vind en bowenal met God se Vrede. In hierdie reis het ek deur hulle lewens en keuses iets meer begin verstaan van die Liefde van Jesus Christus, die rede hoekom Hy vir ons gesterf het.”Pastoor Retha Bena

Oor die outeurs

Geoff en Eileen Stenekamp: Ons is die ouers van ’n gay seun. Toe ons seun uit die spreek­woordelike kas gekom het, het ons dadelik gewonder wat óns dan nou verkeerd gedoen het. Was ons dalk die afwesige pa of die dominerende ma? ’n Tipiese reaksie van die ouerpaar van ’n gay kind wat nie vermoed het dat hul kind gay is nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment