Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

“Sy boodskap van aanvaarding en identiteit is belangrik”: Amos van der Merwe oor Randall Wicomb en Kleur

Kleur – My lewe, my liedRandall Wicomb se lewensverhaal Kleur – My lewe, my lied het vanjaar by Naledi verskyn.

Hierdie insiggewende boek is die resultaat van ses jaar se gesprekke met skrywer Amos van der Merwe en bied ‘n blik op Wicomb se kinderjare, loopbaan, soektog na identiteit en stryd teen kanker.

Marlene Malan het met die skrywer en kunstenaar gesels oor die skryfproses, die lewenslesse wat Wicomb met hom saamdra en die ewige soektog na wie Randall Charles Wicomb werklik is. Van der Merwe vertel in die onderhoud dat die “waarom” in die boek net so belangrik soos die “wie” is.

Lees die artikel:

Volgens Amos het hy en Randall mekaar in 2009 ontmoet. “Ek het besef watter ongewone en opwindende lewe hy gelei het. Hy is ’n natuurlike storieverteller. Ons het toe al notas begin maak vir ’n biografie.”

Hulle wou egter nie net oor die “wie” vertel nie, “want in Randall se geval het die ‘waarom’ sterk na vore gekom. Sy boodskap van aanvaarding en identiteit is belangrik.”

Belangriker as kultuur of ras of politiek, het Randall tydens die skryfproses besef: “Dis die kern­eienskap wat elke mens uniek maak. Ongelukkig is identiteit in my geval ook ’n struikelblok. Vir die meeste mense is ek ’n kopersmid, ’n sanger, ’n gesig in ’n tydskrif.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment