Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Homoseksualiteit: Die NG Kerk het besluit, gays is welkom (Video)

HomoseksualiteitHomosexualityGeoff en Eileen Stenekamp was in die stilte teenwoordig toe die NG Kerk vandeesweek ‘n bitter belangrike aankondiging gemaak het:

Die NG Kerk se algemene sinode het amptelik gekies om vorentoe te beweeg in die kerk se standpunt rondom gay verhoudings en dus (uiteindelik) ja te sê vir gay mense in dié instansie.

Vir die Stenekamps is dit ‘n persoonlike oorwinning waarvoor hulle al jare veg. In hul boek Homoseksualiteit: ‘n Studie deur die ouers van ‘n gay seun, in Engels beskikbaar as Homosexuality: A Study by the Parents of a Gay Son, vertel hulle meer oor die geskiedenis van hierdie besluit en stel ondersoek in na die gay-kwessie. Hulle deel ook hul persoonlike storie van hoe hulle gegaan het van skok en afgryse met die onthulling dat hul seun gay is, na liefde en aanvaarding en kampvegting vir ander se regte.

“Ons staan op vir sy en ander gay persone se regte – en dis nie verkeerd nie,” het die Stenekamps aan Claudi Mailovich gesê kort voor die sinode se besluit bekendgemaak is.

Lees Mailovich se artikel oor haar onderhoud met die Stenekamps:

’n Pa en ma het van Mosselbaai na Pretoria toe gekom vir net een rede –en dit is om ’n stille teenwoordigheid te wees as ouers van ’n gay seun by die NG Kerk se bespreking oor hul verslag oor dieselfdegeslagverhoudings.

“Maar opsigtelik, sigbaar. Sodat hulle weet hulle praat oor mense en kinders en broers en susters van mense,” verklaar Eileen Stenekamp (67). Sy en haar man Geoff (69), die skrywers van Homoseksualiteit – die studie deur ouers van ’n gay seun, was Woensdag reeds vroegdag in die galery waar besoekers kan luister na die verrigtinge by die NG Kerk se Algemene Sinode wat by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gehou word.

 
Suzaan Steyn het met Ds. Nelis Janse van Rensburg, pas verkies as moderator van die NG Kerk se algemene sinode, gesels oor gay-wees in die NG Kerk, vroue se rol in leierskap, grondhervorming en regstellende aksie. Sy vra onder meer, “Hoekom dink jy is alles so ‘n stryd vir die kerk?”, waarop hy antwoord:

“Ons vorder soms stadiger as wat die publiek verwag ons moet, die publiek dink dikwels ons moet vinnig besluite neem oor goed, maar ons hele benadering is dat ons so besluite wil neem dat ons mense se gesindhede aanspreek sodat dit nie net ‘n vinnige besluit sal wees wat deur ‘n klomp individue geneem is nie, maar dat ons inderdaad die kultuur aanspreek. Mense se oortuigings, mense se waardes.

En dit neem langer.”

Kyk na die video vir Steyn se indiepte onderhoud:

YouTube Preview Image

 
Lees Mailovich se artikel oor die sinode se ja-stem vir gays in die NG Kerk:

NG Kerk sê finaal ja: Gay mense is welkom

Met amper geen besoekers in die besoekersgalery het die NG Kerk gay mense volledig in die kerk – as gelykes – verwelkom.

Die afgevaardigdes het Vrydag in Pretoria met 114 stemme die gewysigde voorstel ingestem. 63 stemme was daarteen.

Gay predikante hoef nie meer selibaat te wees nie en kan in ‘n burgerlike verbintenis wees.

Die selibaatheidsklousule wat in die besluit van 2007 ingeskryf is, is heeltemal verwyder.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment