Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Geoff en Eileen Stenekamp vertel meer oor Homoseksualiteit: ’n Studie deur die ouers van ’n gay seun

HomoseksualiteitHomosexualityIn die lig van onlangse besluite wat deur die NG Kerk sinode gemaak is – wat toesien dat gay mense meer welkom behoort te voel in die instansie – kyk ons terug na ‘n LitNet-onderhoud met Geoff en Eileen Stenekamp oor hul belangrike boek.

Homoseksualiteit: ‘n Studie deur die ouers van ‘n gay seun, in Engels beskikbaar as Homosexuality: A Study by the Parents of a Gay Son, is in 2013 gepubliseer en vertel van die Stenekamps se eie worsteling met die kwessie van geloof teenoor homoseksualiteit.

Dit is die resultaat van een ouerpaar se onwrikbare toewyding en liefde vir hul seun. In plaas daarvan om hom te verwerp toe hy uit die sogenaamde kas geklim het, het hulle ‘n 11-jaarlange reis aangepak waartydens hulle antwoorde oor homoseksualiteit by die wetenskap sowel as in die Bybel gevind het.

Die Stenekamps het na die bekendstelling van die boek, in Julie 2013, met Naomi Meyer gesels en meer vertel oor hul intensie daarmee en die persoonlike reis wat hulle moes onderneem om dit te skryf. Lees die artikel:

Op watter stadium het jul uitgevind jul seun is gay en op watter stadium het julle die boek begin skryf?

Hy het dit op die ouderdom van 21 aan ons openbaar, alhoewel ons toe reeds die vermoede gehad het. In die tyd hierna het Eileen se gedagtes teruggegaan na gebeurtenisse oor die jare en het sy besef dat die tekens van kleins af daar was. Eileen het niks hiervan ooit as verkeerd gesien nie, of as tekens van gay-wees vermoed nie; sy het slegs gedink dat dit is hoe hy is. Nadat ons ongeveer tien jaar se navorsing op die gebied van die Bybel sowel as die wetenskap gedoen het, het ons met die boek begin.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment