Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Homoseksualiteit: Gays dalk tog nie welkom in NG Kerk

HomoseksualiteitHomosexualityDie geskiedkundige aankondiging van Septembermaand – dat gays verwelkom sal word in die NG Kerk – kan moontlik terug getrek word na appèl aangeteken is.

“Die NG Kerk se geskiedkundige besluit om gay lidmate toe te laat om in dié kerk te trou, is nou weer uitgestel. Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris, het aan Rapport bevestig daar is appèl aangeteken en die hele historiese besluit is in die weegskaal,” skryf Jean Oosthuizen in ‘n artikel wat die afgelope naweek in Rapport verskyn het.

Oosthuizen verduidelik hoe en waarom appèl aangeteken is en doen verslag oor die verskeie gemeentes wat sedert die sinode se besluit “rebelleer” en amptelik beswaar gemaak het.

Lees die artikel:

Dit is sover bekend die eerste keer dat ’n besluit van die algemene sinode op appèl geneem word, en dit sal hoog op die agenda wees wanneer die moderamen môre vergader. Die algemene sinode wat die appèl moet oorweeg se volgende vergadering is egter eers vir oor twee jaar belê.

Nóg ’n topkerk­leier wat hom nie in die openbaar mag uitspreek nie, sê hulle is uiters gefrustreerd omdat die appèl nou die kerk ­terugplaas in die posisie wat dit was voor die besluit oor gays.

Predikante van die NG Kerk sal intussen ook nie verbintenisse tussen gay paartjies kan bevestig nie.

Afgetrede predikant Jan Louw het verslag gedoen oor die “emosionele manipulasie by die sinode” in ‘n artikel vir Glo die Bybel. Hy skryf dat “die leiers van die NG Kerk die afgelope aantal jare baie beplanning insit in die ‘ontwerp’ van Sinodes” en verduidelik hoe dié leiers afgevaardiges “voorberei” het om uiteindelik ja te stem vir gays.

Lees Louw se artikel waarin hy puntsgewys verduidelik wat hy bedoel:

Selfs pro-gays is verbaas oor die besluit van die Algemene Sinode van 2015. Wie het kon dink dat daar ‘n dag sou kom dat die NG Kerk sou besluit dat praktiserende homoseksuele mans en vroue as leraars bevestig kan word? Hoe het dit gebeur dat die NG Kerk by sy belangrike beleidsinode met 114 stemme teen 63 (‘n meerderheid van 64%) so ‘n besluit kon neem?

Dit is duidelik dat die leiers van die NG Kerk die afgelope aantal jare baie beplanning insit in die “ontwerp” van Sinodes. Ons kry bv die volgende woorde in die Agenda van die Sinode van 2015:

Die Moderamen het besluit om ‘n Ontwerpspan saam te stel wat die beplanning vir die Algemene Sinode sal doen. Die Ontwerpspan het aan die Moderamen en die Bedryfspan verslag gedoen van sy werksaamhede.

Die personeel was die volgende: dr Kobus Gerber (sameroeper), me Rinel Hugo (skriba), mnr Gerhard Potgieter, me Ester Steyn, di Nelis J van Rensburg, Norma Rossouw, drr Johan Ernst, Gustav Claassen, Roelf Opperman, ds Fay van Eeden en me Hermien Swart saam met ander verteenwoordigers van die Noordelike Sinode: dr Kobus Myburgh, di Lizl-Louise Schoeman, Attie Nel, Daniël de Vos, Wynand van Niekerk, Fritz Snyman en Pieter Visser. Die Noordelike Sinode het ook ‘n span wat die boek Rut deur die loop van die vergadering hanteer.

Op sigself is daar niks verkeerd daarmee dat daar soveel voorbereiding ingaan om van die Sinode ‘n sukses te maak nie. Die Algemene Sinodes is immers die NG Kerk se vlagskip geleenthede. Die pers is daar en die Kerk trek ‘n gehoor veel groter as net die lidmate van die NG Kerk. Dit moet ‘n afgeronde en inspirerende geleentheid van die kerk wees.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment