Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Seksualiteit is ’n integrale deel van ons kernidentiteit – Lulani Vermeulen en Char­lene van der Walt

HomoseksualiteitHomosexuality“Seksualiteit en die uitlewing van verbondenheid staan nie op die buitewyke van ons menswees nie. Dit is ’n integrale deel van ons kernidentiteit.”

Sé skryf Lulani Vermeulen en Char­lene van der Walt in ‘n artikel vir Netwerk24 oor die voortdurende NG Kerk-debat oor homoseksualiteit. “Die landskap het in die laaste paar weke ’n paar keer so vinnig verander soos ’n woestynwêreld wat oornag nuwe kontoere kry,” skryf die twee teoloë nadat die algemene sinode se besluit om gays te verwelkom eers tydelik op ys geplaas is.

Vermeulen en Van der Walt meen dié jongste besluit verneder lidmate wat aangetrokke is tot dieselfde geslag. Lees die artikel:

Die besluit is uitgestel, die hitte is afgedraai en dinge kan weer vir ’n rukkie terugkeer na “normaal”.

Vir sommige kan dit wel na ’n uitweg klink – ’n welkome verligting in ’n fel woordestryd.

Vir ons vir wie hierdie egter nie net ’n “saak” is nie, nie net nog ’n punt op die agenda nie, maar eerder ’n deurleefde werklikheid – vir ons wat hierdie “lastige situasie” in die kerk beliggaam – is die huidige toestand onuithoudbaar.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment