Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Naledi Books

@ Sunday Times Books LIVE

Video: Dawid Minnaar lees voor uit Cas Vos se jongste digbundel, In ’n oomblik

In ’n oomblikDie bekroonde digter Cas Vos het verlede week op Aardklop met Marlies Taljard gesels oor sy jongste digbundel, In ’n oomblik.

In ’n oomblik verteenwoordig ’n voortsetting van dié aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het, terwyl die tema van verganklikheid en ouer-word sentraal is in die bundel.

Die bekende akteur Dawid Minnaar het Vos se gedig oor bokslegende Muhammad Ali voorgelees, en die digter het meer vertel oor die inspirasie daarvoor.

Kyk na die video:

  • Laai dit nie? Kyk op Facebook

 
Oor die boek

In ’n oomblik toon die hand van ’n ervare digter wie se poëtika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig ’n voortsetting van dié aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van ’n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poëtiese vondste oplewer. ’n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om ’n langdurige ongeluk en operasie poëties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirië se bootreise na ’n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in ’n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook ’n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in ’n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poëties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

Oor die outeur

Cas Vos was vir 21 jaar lank verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretora. Vanaf 2000 tot met sy aftrede in 2010 was hy die Dekaan. Hy is vir sy teologiese werk met die Andrew Murray Prys en die Pieter van Drimmelen medalje deur die Akademie vir Kuns en Wetenskap bekroon. Hy het talle artikels wat in plaaslike en internasionale tydskrifte verskyn het, gepubliseer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment